DEEL 2 DIE MENS IN GENESIS … EN DAARNA

 

DEEL 2

DIE MENS IN GENESIS … EN DAARNA

Dankie dat jy weer inloer –  Ons gaan vandag verder op ons reis in Genesis

Kom ons bid eers saam : 

Dankie Vader, dat ons die Bybel in Afrikaans en in ander tale beskikbaar het. Ons is so dankbaar dat ons dit kan lees en bestudeer om meer van U te weet. Dankie dat ons die vryheid het in ons land om dit te kan doen. AMEN

Verlede keer het ons gesels oor ʼn paar aspekte wat ons raak gelees het en nuwe betekenis ontvang het: Ons het by Genesis begin, maar hierdie keer nie met enige argumente nie, en ook nie die wetenskap nie, ons weet nou dit het begin by Jesus.

En ons het afgesluit met 

Romeine 5 12 : ” Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.”

Wat het daarna gebeur nadat Satan Eva verlei het met sy leuens?

Adam het gekies om te glo wat Eva hom vertel het, en in daardie enkele oomblik van luister en saamstem, verander nie net hulle optrede nie, maar hulle plek, hulle verhouding, hulle hele bestaan voor God, want die Skrif sê:

“Toe stuur die Here God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.”
Genesis 3:23 (1983)

Die mens word nie vernietig nie, maar hy word verplaas, in ʼn ander posisie, en dit is belangrik om dit te sien, want hy leef nog, hy werk nog, hy bou nog, maar hy leef nou buite die ruimte waar daar geen skeiding tussen hom en God was nie, die wêreld verander, nie omdat die aarde anders lyk nie, maar omdat die mens anders geword het.

En dit is in hierdie wêreld, buite Eden, dat die eerste kinders gebore is.,

Kain en toe Abel
En dit klink soos die begin van enige menslike storie, amper normaal, amper bekend,

Genesis 4:3 maar as jy net vir ’n oomblik stilstaan, “En na verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die Here ’n offer gebring; en Abel het ook van die eerstelinge van sy kleinvee gebring…”
Genesis 4:3-4 (1983)

Met ander woorde, die kennis van God het nie verdwyn nie, die bewustheid van Hom was nog daar, die mens weet nog van Hom, en tog begin iets anders nou duidelik word:

“Maar Kain en sy offer het Hy nie aangeneem nie; en Kain het baie kwaad geword, en sy gesig het geval.”
Genesis 4:5 (1983)

Dieselfde patroon wat reeds in Eden begin het, gaan voort.

God praat weer, Hy waarsku, Hy gee insig, Hy wys die pad: Die waarskuwing was daar:

“Is dit nie so: as jy goed doen, sal jy dit aanvaar; en as jy nie goed doen ni, die sonde lê en loer voor die deur, en na jou is sy begeerte; maar jy moet daaroor heers.”
Genesis 4:7

Satan is die een wat “lê en loer”, iets wat die mens wil oorheers, en tog sê God dat die mens nog steeds “die mens is nie sonder verantwoordelikheid is nie MAAR HET STEEDS’n keuse

Genesis 6 – die toestand van die mens (voor die vloed)

“Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was…”
Genesis 6:5 (1983)

Dit beskryf nie spesifieke sondes nie…
maar ’n totale innerlike verdraaiing van die mens. Die mens het so verander dat God berou gekry het – en Hy was bedroef dat Sy skepping so ontaard het – ons lees nie altyd genoeg hoe erg dit regtig was nie ;

Ons voel ook hartseer wanneer ander nie ervaar van ons goed bedoel nie, al het ons hoeveel moeite gedoen, hoeveel te meer was God se hartseer.

Die spesifieke redes sluit in:

Algemene boosheid en geweld op aarde:

Die Bybel meld dat die aarde vol geweld was en dat alle mense op aarde ‘n korrupte leefwyse gevolg het.

Sommige vertalings praat oor die “seuns van God” en die Nefilim dui daarop dat daar ‘n onnatuurlike vermenging en korrupsie plaasgevind het wat die menslike ras moreel en fisies bedreig het.

Afrikaans 1983:“In dié dae, en ook daarna, was daar reuse op die aarde…”
Genesis 6:4 (1983)

Die woord “Nephilim” is die oorspronklike Hebreeuse woord (נְפִלִים), (en nie Grieks soos ek foutiewelik op die radio geoem het nie) en dit verskyn net in twee plekke in die Ou Testament:

Hier word “Nephilim” vertaal as “reuse”

Afsluiting

Hiermee sluit ek af.

    • Volgende keer  gesels ons verder in DEEL 3  oor die VLOED en  die gebeure na die vloed.

Ek gesels elke week op ‘n Woensdag op Radio Kaapse Kansel ( daar is ook heruitsending op ander dae)

Skakel gerus in met die APP van Cape Pulpit op jou selfoon, of op jou gewone radio op AM 729.

Enige kommentaar  is welkom – stuur direk aan my. Jy kan dit via hierdie webblad doen of jou kommentaar persoonlik per WhatsApp aan my stuur: 082 926 5062.

Ek sien baie uit daarna om volgende week weer met julle te gesels.

Mag jou dag en week geseënd wees.

Ek is Amanda Pool.
Shalom

 

Shopping Cart
Scroll to Top