DEEL 7 MET JOU HELE VERSTAND

DEEL 7

MET JOU HELE VERSTAND

Dankie dat jy weer inskakel. Dit is vir my ’n voorreg om hierdie gesprek met jou hê.

Kom ons bid net eers saam:

Dankie, Here, dat U ons aan U behoort. Dankie dat ons mag dink, ondersoek en vrae vra. Lei ons deur U Gees in waarheid. Amen.

VERLEDE WEEK :
In Deel 6 het ons dieper gaan kyk na die opstanding van Jesus.

Ons het gekyk na:

    • Die historiese realiteit van Sy dood.
    • Die leë graf.
    • Die ooggetuies.
    • Die verskynings aan baie mense.
    • Die transformasie van die dissipels.
    • Die feit dat die kerk in Jerusalem begin het – waar die graf was.
    • En die vraag: As dit nie waar was nie, hoekom kon niemand ’n liggaam wys nie?

Ons het nie net ’n geloofsverklaring gemaak nie, maar ook gekyk na feite, getuienis en logiese gevolgtrekkings.

En daardeur ook besef het dat mense deur ‘n bepaalde lens na die wêreld kyk – uit elkeen se persoonlike oortuiging.

DAAROM :

Ons as Christene kyk deur ‘n bril/lens van ons geloof in Christus, dat Hy gesterf en OPGESTAAN het, en dat ons die ewige lewe saam met Hom gaan betree.

As Jesus werklik uit die dood opgestaan het…

  • Dan is die wêreld nie ’n geslote sisteem nie.
  • Dan is waarheid nie net subjektief nie.
  • Dan is geskiedenis nie bloot simbolies nie.
  • Dan het God Homself werklik in tyd en ruimte geopenbaar.

En dan verander alles.

Wat beteken dit vir ons?

Die opstanding beteken:

    • Die dood het nie die laaste sê nie.
    • Jesus se aansprake dra gesag.
    • Waarheid is nie bloot opinies nie.
    • Ons geloof rus nie op gevoel nie, maar op ‘n gebeurtenis.

Vir 2000-plus jaar het hierdie boodskap nie verdwyn nie. Ons lees in Handelinge wat Lukas hieroor skryf :

    • Hoe het die Christendom tot stand gekom
    • En hoe probleme aangepak en opgelos is, en
    • Alles deur die opgestane Jesus en in die krag van die Heilige Gees
    • Jesus het opgevaar na die Hemel, en
    • Die dissipels het krag van Heilige Gees en van God ontvang
    • Die Bybel vertel van die verhaal van ‘n dinamiese, groeiende gemeenskap wat strek
    • Van Jerusalem tot Sirië, Asië, Afrika en Europa.
    • Waar Heilige Gees werk, was daar beweging, opwinding en groei.
      en dit gebeur steeds vandag,

Dit is hoe ons die wêreld  deur die lens van hierdie Christenskap sien

    • Nie omdat dit gewild is nie,
    • Maar omdat ons daarvan oortuig is.

En dit is hoekom hierdie gesprek belangrik is.

Christelike geloof vra nie vir beskerming teen vrae nie, ons berei ons bloot voor op vrae. – Ons word nie geroep om blind te glo nie.
Ons word geroep om met ons hele verstand lief te hê.

En wanneer ons eerlik na die getuienis kyk, kan ons nie anders as om te erken dat hierdie waarheid nie net geestelik ervaar word nie –
maar ook histories en logies staande bly.

Of ons nou saamstem of nie : elke mens het ’n wêreldbeskouing.

Kort samevatting hiervan: Die groot verskil lê hier:

    • In baie wêreldbeskouings word waarheid deur mense bepaal.
    • In die Christelike geloof word waarheid deur God geopenbaar.

Die vyf vrae wat elke wêreldbeskouing of geloof probeer beantwoord, is:

    1. Wie of wat is God?
    2. Wie is die mens?
    3. Wat is die mens se grootste probleem?
    4. Wat is die oplossing?
    5. Wat gebeur ná die dood?

Wêreldbeskouing

Kernidee oor God

Kernidee oor waarheid

Christelike wêreldbeskouing

Daar is een persoonlike God wat Homself geopenbaar het deur die Skrif en deur Jesus Christus.

Waarheid is objektief en geopenbaar deur God.

Ateïsme

Daar is geen God nie.

Waarheid word deur wetenskap en menslike rede bepaal.

Agnostisisme

Ons kan nie weet of God bestaan nie.

Die bestaan van God is onbekend of onbewysbaar.

Sekulêre Humanisme

Die mens staan sentraal; geen bonatuurlike God is nodig nie.

Moraliteit en waarheid word deur mense self bepaal.

Relativisme / Postmodernisme

Geen universele waarheid oor God nie.

Waarheid is subjektief; elke persoon bepaal self wat waar is.

New Age spiritualiteit

God is ’n kosmiese energie of universele krag.

Spiritualiteit en waarheid is persoonlik en individueel.

Kultusse

Unieke interpretasies oor God en openbaring, dikwels rondom ’n spesifieke leier.

Waarheid word bepaal deur die leer van die groep.

Kortliks, daar is ook verskillende denominasies:

    1. Denominasies binne die Christendom
      • Rooms-Katoliek
      • Protestants
      • Ortodoks
    2. Ander wêreldgodsdienste
      • Islam
      • Judaïsme
      • Hindoeïsme
      • Boeddhisme
      • ens.

Hier wys ek die uitgebreide tabel met ’n vierde kolom wat die vyf sleutelvrae saamvat. Dit werk goed vir ’n oorsigtelike apologetiese verduideliking.

Geloof / Tradisie

Kernidee oor God

Heilige geskrif / bron

Antwoord op die 5 sleutelvrae

Christendom

Een persoonlike God; Jesus Christus is die Seun van God en Verlosser.

Bybel

God het die mens geskape; sonde skei die mens van God; verlossing kom deur Jesus Christus; ewige lewe saam met God.

Rooms-Katolieke Kerk

Christelike geloof met sterk rol van kerkgesag, sakramente en die pous.

Bybel + kerklike tradisie

Verlossing deur Christus, bemiddel deur die kerk, sakramente en geloof.

Protestantse kerke

Christelike tradisie met die Bybel as hoogste gesag.

Bybel

Verlossing deur genade alleen, deur geloof in Jesus Christus.

Oosters-Ortodokse Kerk

Ou Christelike tradisie met sterk liturgie en kerkgesag.

Bybel + kerklike tradisie

Verlossing deur Christus en deelname aan die lewe van God.

Islam

Een God (Allah); Mohammed is die finale profeet.

Koran

Die mens moet aan Allah onderwerp; redding deur gehoorsaamheid en goeie werke.

Judaïsme

Een God; verbond met Israel.

Tanakh

Lewe volgens God se wet en verbond.

Hindoeïsme

Verskeidenheid gode; uiteindelike werklikheid is Brahman.

Vedas, Upanishads, Bhagavad Gita

Die mens is vasgevang in reïnkarnasie; bevryding kom deur geestelike kennis of dissipline.

Boeddhisme

Nie gefokus op ’n persoonlike God nie; fokus op verligting.

Tripitaka

Die probleem is lyding; oplossing is die agtvoudige pad na verligting.

Sikhisme

Geloof in een God met invloede van Hindoeïsme en Islam.

Guru Granth Sahib

Verlossing deur toewyding aan God en ’n regverdige lewe.

New Age spiritualiteit

God word gesien as kosmiese energie of universele krag.

Verskeie spirituele bronne

Die mens ontdek sy eie goddelikheid deur selfontwikkeling en spiritualiteit.

Tradisionele Afrika-godsdienste

Geloof in ’n hoër god en voorvaders.

Mondelinge tradisies

Harmonie met voorvaders en gemeenskap bepaal geestelike balans.

Afsluiting

Hiermee sluit ek af.

    • Volgende keer is dit die laaste deel van hierdie reeks  en die week daarna ‘n nuwe een.

Ek gesels elke week  op ‘n Woensdag net na 13h30 op Radio Kaapse Kansel (daar is ook heruitsending op ander dae).

Skakel gerus in met die APP van Cape Pulpit op jou selfoon, of op jou gewone radio op AM 729.

Stuur gerus jou kommentaar direk aan my. Jy kan dit via hierdie webblad doen of jou kommentaar persoonlik per WhatsApp aan my stuur: 082 926 5062.

Ek sien baie uit daarna om volgende week weer met julle te gesels.

Mag jou dag en week geseënd wees.

Ek is Amanda Pool.
Shalom.

 

Shopping Cart
Scroll to Top