DEEL 2 – OM GOD SE STEM TE HOOR

Ek het redelik dikwels voor my formeler studies , wel Heilige Gees in my gedagtes gehoor/ervaar deur lirieke in musiek, verse in die Bybel, sommer net iets wat ek ewekansig (“randomly”) gelees het in ʼn tydskrif/boek/ kennisgewing bord self per geleentheid op ʼn advertensie plakker . Die ervaring tydens my studie program, het my egter gehelp om God se stem baie baie duideliker te hoor.

Ek bedank net weer ons Pappa Vader dat Hy Dr Mark Virkler se studies oor my pad gestuur het vir hierdie wonderlike ervaring en kennis en toepassing daarvan. Mark gee dan ook toestemming om hierdie spesifieke onderwerp te gebruik vir elkeen wat wil leer oor : ek gee graag die erkenning daarvoor.

VEILIGHEIDSMEGANISME

Om te verseker dat ons God se stem kan hoor, is hierdie volgende ʼn veiligheidsmeganisme daarvoor.

Kontroleer gerus of al 5 in jou lewe teenwoordig is

        • Jy is ʼn wedergebore Christen
        • Jy aanvaar die Bybel as die enigste waarheid
        • Jy demonstreer jou liefde en respek vir God deur jou toewyding, om Sy Woord te ken
        • Jy het ʼn ingesteldheid van onderdanigheid aan wat God in Sy Woord leer
        • Jy het geestelike mentors/raadgewers na wie jy kan gaan vir insette op ʼn gereelde basis.
    • —————————————————————————————————————————————————————–

Ons is steeds besig met ons verkorte reeks oor GOD se stem – en vandag is die 2de aflewering van die 4 gedeeltes.

HABAKUK2 : 1-2

Kontemporêre Afrikaanse Bybel van 2023
Die opskrif van hierdie gedeelte in hierdie Bybel is: Die HERE reageer en gee ‘n antwoord:

      1. Ek sal op my wag staan en my op die toring sit en ek sal waak om te sien wat hy vir my sal sê en wat ek sal antwoord as ek teregwys word.
      2. En die HERE het my geantwoord en gesê: Skryf die gesig op en maak dit duidelik op tafels, dat hy kan hardloop wat dit lees.
      •  

EK HERHAAL KORTLIKS DIE 4 SLEUTELS WAT HABAKUK VIR ONS HIER LEER:-

1# Wees stil
2# Fokus op Jesus
3# stel jou vraag : ervaar die onmiddellike spontane gedagtes
4# en skryf daardie gedagtes neer

VANDAG gesels ons oor SLEUTEL 2#

2# Rig jou oë op JESUS

“Ek sal waak/ wag hou om te sien,” het die profeet gesê.

Om die suiwer Woord van God te ontvang, is dit baie belangrik dat my hart behoorlik gefokus word soos ek stil word, want my fokus is die bron van die vloei.

As ek my oë op Jesus rig (Heb. 12:2), kom die spontane vloei van Jesus af.

Maar as ek my blik op een of ander begeerte van my hart vestig, kom die vloei uit daardie begeerte.

Om ‘n suiwer vloei te hê, moet ek stil word en my oë heeltemal op Jesus rig. Ons ontvang makliker vanuit die stilte.

Terwyl jy in stilte bid, rig die oë van jou hart op Jesus, terwyl jy Hom in die Gees sien.

Habakuk het eintlik na visie gesoek terwyl hy gebid het.

Hy het die oë van sy hart oopgemaak en in die geesteswêreld gekyk om te sien wat God vir hom wou wys.

God het nog altyd deur drome en visioene gepraat, en Hy het spesifiek gesê dat hulle na diegene sal kom op wie die Heilige Gees uitgestort is.

Hand. 2:17 – dit is ʼn gunsteling vers van my :

“17 En dit sal gebeur in die laaste dae, spreek God, Ek sal van my Gees uitstort op alle vlees; en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmanne sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. 18 En op my diensknegte en oor my diensmaagde sal Ek in daardie dae van my Gees uitstort; en hulle sal profeteer.”

Om ‘n logiese, rasionele persoon te wees, was die fondamente van my lewe, insluitend my geestelike lewe. Hierdie lering het die oë van my hart oop gemaak en nou soek ek na visie.

Daar is ‘n aktiewe geesteswêreld rondom ons, vol engele, demone, die Heilige Gees, die alomteenwoordige Vader en Sy alomteenwoordige Seun, Jesus. Die enigste redes vir ons om nie hierdie werklikheid te sien nie, is ongeloof of gebrek aan kennis.

Om te kan sien, moet ons kyk. Daniël het ‘n visioen in sy gedagtes gesien en gesê: “Ek het gekyk…ek het bly kyk…ek het aanhou kyk” (Dan. 7:2, 9, 13).

Terwyl ek bid, soek ek na Jesus, en ek kyk hoe Hy met my praat en die dinge doen en sê wat op Sy hart is.

Jy kan Christus by jou teenwoordig sien, want Christus is by jou teenwoordig. Trouens, die visioen kan so maklik kom dat jy in die versoeking sal kom om dit te verwerp, volhard om hierdie visioene op te teken, as daar twyfel was, sal jou twyfel binnekort deur geloof oorkom word.

Wat ‘n ongelooflike manier om te lewe!

Is dit vir ons moontlik om uit goddelike inisiatief te lewe soos Jesus gedoen het? Ja! dit is! Ons moet eenvoudig ons oë op Jesus rig.Toe ek my hart stil gemaak het dat ek Jesus kon voorstel sonder die afleidings van my eie idees en planne, kon ek “waak om te sien wat Hy met my sal praat”.

Mag jy Heilige Gees se teenwoordigheid tasbaar ervaar – hoe meer tyd ons in Sy teenwoordigheid en in Sy Woord spandeer, hoe meer groei ons in intimiteit met Hom. 

Volgende keer :

SLEUTEL 3# stel jou vraag : ervaar die onmiddellike spontane gedagtes.

Ek sien saam met jou uit om deel 3 te hoor.

SHALOM

Amanda Pool

Einde van DEEL  2 

Shopping Cart
Scroll to Top