DEEL 3 – OM GOD SE STEM TE HOOR
Ek het redelik dikwels voor my formeler studies , wel Heilige Gees in my gedagtes gehoor/ervaar deur lirieke in musiek, verse in die Bybel, sommer net iets wat ek ewekansig (randomly) gelees het in ʼn tydskrif/boek/ kennisgewing bord self per geleentheid op ʼn advertensie plakker . Die ervaring tydens my studie program, het my egter gehelp om God se stem baie baie duideliker te hoor.
Ek bedank net weer ons Pappa Vader dat Hy Dr Mark Virkler se studies oor my pad gestuur het vir hierdie wonderlike ervaring en kennis en toepassing daarvan. Mark gee dan ook toestemming om hierdie spesifieke onderwerp te gebruik vir elkeen wat wil leer oor : ek gee graag die erkenning daarvoor.
VEILIGHEIDSMEGANISME
Om te verseker dat ons God se stem kan hoor, is hierdie volgende ʼn veiligheidsmeganisme daarvoor.
Kontroleer gerus of al 5 in jou lewe teenwoordig is
- Jy is ʼn wedergebore Christen
- Jy aanvaar die Bybel as die enigste waarheid
- Jy demonstreer jou liefde en respek for God deur jou toewyding om Sy Woord te ken
- Jy het ʼn ingesteldheid van onderdanigheid aan wat God in Sy Woord leer
- Jy het geestelike mentors/raadgewers na wie jy kan gaan vir insette op ʼn gereelde basis.
Ons is steeds besig met ons verkorte reeks oor GOD se stem – en vandag is die 3 de aflewering van die 4 gedeeltes.
HABAKUK 2 : 1-2
Kontemporêre Afrikaanse Bybel van 2023
Die opskrif van hierdie gedeelte in hierdie Bybel is: Die HERE reageer en gee ‘n antwoord:
- Ek sal op my wag staan en my op die toring sit en ek sal waak om te sien wat hy vir my sal sê en wat ek sal antwoord as ek teregwys word.
- En die HERE het my geantwoord en gesê: Skryf die gesig op en maak dit duidelik op tafels, dat hy kan hardloop wat dit lees.
EK HERHAAL KORTLIKS DIE 4 SLEUTELS WAT HABAKUK VIR ONS HIER LEER:-
1# Wees STIL
2# Fokus op JESUS
3# Stel jou vraag : ervaar die onmiddellike spontane gedagtes
4# Skryf /joernaal
VANDAG SE NUWE SLEUTEL : SLEUTEL 3 -DIE SPONTANE GEDAGTES WAT BY JOU OPKOM IS GOD WAT DEUR SY GEES MET JOU PRAAT
Ek het onlangs oor dieselfde onderwerp een van Gary Kieswetter (huidig Pastoor by die Bron Kerk in Bellville) se artikels gelees : Hy skryf:
“ Wanneer die lewende God ons harte wil bereik, gebruik Hy woorde. Niks beïnvloed ons harte meer of wek ons emosies meer op as dit wat ons hoor nie.
Die pad na die mens se hart loop deur sy oor. Dis hoekom die Bybel sê dat die wat ʼn oor het moet hoor wat God wil sê.
Maar as ek my blik op een of ander begeerte van my hart vestig, kom die vloei uit daardie begeerte. “
Deur God se stem te hoor, word ons genees, en ons raak heel.
Wat behels dit? :
1. ‘n Opregte Woord van die Here genees die gebroke hart – al die HOE OM-boeke kan nooit doen wat die RHEMA-woord van God doen nie.
2. Ons sal God vra om tot ons harte te praat oor die basiese emosionele druk van die lewe . Dit sluit woede, twyfel, depressie, veroordeling en minderwaardigheid in.
3. Soos Sy stem Sy genade in ons harte vrystel, sal ons leer om God toe te laat om dit te vervang met Sy genade en Sy gedagtes, om ons vry te maak daarvan.
4. In Johannes 8:32 lees ons
32. en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
36. As die •Seun julle dan vrygemaak het, sal julle werklik vry wees. Die Bybel 2020-vertaling
SLEUTEL 3# stel jouself in om die spontane gedagtes te hoor
Ek haal graag ʼn beskrywing en toepassing van Mark self :
Hy vertel van sy eie lewe – hy het 2 pleegkinders waarvan die een , Rachel die hoeveelste keer nie direk na skool huis toe gekom het nie. Sy het liewers by vriendinne gaan kuier en dan te laat tuis gekom het om haar huistake te verrig.
Die dag wat sy vir die hoeveelste keer nie die reel nagekom het nie, was hy redelik omgekrap. Hy het geweet hy moet God se aangesig soek – (SLEUTEL 1: raak stil) en het na sy kantoor gegaan om stil te raak, ook die Here geloof en geprys met lof liedjies, en gefokus op Jesus (SLEUTEL 2) en God gevra en gewag “Here, wat moet ek omtrent Ragel doen?” (SLEUTEL 3 ) :
Hy vertel self verder :
“ Onmiddellik het die gedagte by my opgekom: “Sy is onseker.” Wel, dit was beslis nie my gedagte nie! Haar gedrag het vir my na rebellie gelyk, nie na onsekerheid nie.
Maar soos Habakuk het ek die geluid van God wat met my praat, leer ken (Hab. 2:2). – Elia het dit beskryf as ‘n stil, sagte stem (I Konings 19:12). Ek het voorheen geluister vir ‘n innerlike hoorbare stem, en God praat soms so. Ek het egter gevind dat God se stem gewoonlik as spontane gedagtes, visioene, gevoelens of indrukke kom.
Byvoorbeeld, het jy nie in die pad gery en ‘n gedagte by jou opgekom om vir ‘n sekere persoon te bid nie? Het jy nie geglo dat dit God was wat vir jou gesê het om te bid nie? Hoe het God se stem geklink? Was dit ‘n hoorbare stem, of was dit ‘n spontane gedagte wat in jou gedagtes opgekom het?
Ervaring dui daarop dat ons kommunikasie op geestelike vlak as spontane gedagtes, indrukke en visioene beskou, en die Skrif bevestig dit op baie maniere. Byvoorbeeld, een definisie van paga, ‘n Hebreeuse woord vir intersessie, is “‘n toevallige ontmoeting of ‘n toevallige kruising.” Wanneer God mense op ons harte lê, doen Hy dit deur paga, ( ʼn Hebreeuse woord) dit beteken ‘n toevallige ontmoetingsgedagte wat “per ongeluk” ons gedagtes kruis, met die klem op die spontane en toevallige aard daarvan.”
Die derde sleutel om God se stem te hoor, is dus om te erken dat God se stem in jou hart dikwels soos ‘n vloei van spontane gedagtes klink.
Daarom, wanneer ek van God wil hoor, stem ek in en erken ek ook God se stem in die spontane gedagtes : om dan God se stem te kan hoor/ervaar :
1# Wees STIL
2# Rig jou oë op JESUS en dan
3# vra jou vraag en stel jouself in om die spontane gedagtes te hoor
Volgende week behandel ons deel 4 van hierdie reeks. Dit sal die laaste in die reeks wees : SLEUTEL 4# Skryf /joernaal.
Ek vertrou jy is meer en meer opgewonde om in stilte met Heilige Gees te gesels en ek vertrou dat jy God se stem in die vloei van jou spontane gedagtes duidelik sal ervaar.
Tot volgende keer
SHALOM
Amanda Pool
Einde van DEEL 3
BIBLIOGRAFIE
Manna 2010 Kieswetter, Gary – https://mannatydskrif.wordpress.com/2010/10/21/hoe-om-god-se-stem-te-hoor/

