FOKUS OP EENHEID WANNEER OPINIES VERSKIL

 
WANNEER OPINIES VERSKIL in die interpretasie en verstaan van die Skrif :

In my stiltetyd hoor ek dikwels in my gedagtes dat Heilige Gees my ʼn vraag vra oor wat ek sou doen in dieselfde situasie as wat ek besig is om te lees.

Een van hierdie kere was ek besig om te lees in Handelinge 15 oor die argument van besnydenis. Ek het hierdie deel in Handeling al dikwels in die verlede gelees.

Die betrokke oggend wys Heilige Gees my daarop dat HY my nou ʼn voorbeeld gee waarmee Hy my ook in die toekoms sal lei wanneer mense in my geselskap sou verskil van Bybelse aspekte. : enige Bybelse aspek …

AGTERGROND HANDELINGE 15 (1953 vertaling)

“ ʼn Vraag het ontstaan oor die besnydenis volgens die ou Testament ( die wet), en wat gebeur dan na bekering (Nuwe Testament) :

“1 en sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.

2Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ‘n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.”

Wanneer daar verskillende menings, interpretasies en opinies ontstaan: verskil jy saam of fasiliteer jy die gesprek om ʼn antwoord in die Bybel te kry?

Lukas (skrywer van Handelinge) gebruik ook vir Paulus en Barnabas as verdere voorbeeld in Handeling 15 om die antwoord aan die skare oor te dra. Die uitkoms is die volgende :

HANDELINGE 15:7-8 (AFR2020 vertaling)

[7] Toe ‘n hewige woordestryd ontstaan, het •Petrus opgestaan en vir hulle gesê:

“Broers, julle weet dat God my al van die vroeë dae af onder julle uitgekies het,

Sodat die heidene deur my prediking die boodskap van die evangelie hoor en tot geloof kom.

[8] En God, die kenner van harte, het dit bevestig deurdat Hy die Heilige Gees aan hulle, net soos aan ons, geskenk het.

… [10] Waarom wil julle God dan nou toets deur ‘n juk, wat nie ons of ons voorvaders kon dra nie, op die dissipels se nekke te plaas? [11] Maar ons glo dat ons op dieselfde manier as hierdie mense deur die genade van die Here Jesus verlos word.” [12] Toe het die hele vergadering stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister, terwyl hulle vertel van al die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.”

PETRUS is steeds aan die woord :

19“ Daarom oordeel ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir hulle wat uit die heidendom na God draai nie.”

Ontdek meer diepte en openbaring in hierdie hele verhaal deur die hele Handeling 15 te bestudeer. Doen dit gerus.

EENHEID : Hierdie voorbeeld bewys die belangrikheid van eenheid in begrip van God se Woord.

Verkeerde interpretasie (wat somtyds selfs valse lering/interpretasie kan wees) veral deur in jou eie krag God se Woord te verduidelik, kan  verwarring veroorsaak.

Die vraag aan jou vandag is:

Murmureer en verskil jy saam in ʼn geselskap, of neem jy inisiatief om die gesprek te fasiliteer, nie in eie krag nie, maar deur Heilige Gees vir wysheid om die openbaring te gee.

Hoe kry ons meer wysheid en insig om wel inisiatief te kan neem? – dis dalk jou volgende vraag?

Deur ingestel te wees op die Heilige Gees, daardeur word ons gelei in die verstaan en begrip van elke deel in Sy Woord. Altyd volgens Sy tyd en plan.

My boodskap vandag is dan juis dit – die Wysheid uit God se Woord groei in ons soos wat ons meer en meer tyd daarin spandeer.

My eie ervaring was en is steeds dat openbarings tydens my stiltetyd aangevul word deur verdere studies en navorsing – sodoende word begrip verder verdiep. God het my persoonlik tot verdere studies geroep en dit is wonderbaarlik – ek dink AMAZING pas ook hier in, hoe my begrip, wysheid, selfvertroue en vrymoedigheid toegeneem het. KENNIS van die WOORD is wat God van ons vra :

Lees weer hierdie bekende skrifte :

2 Tim 2:16 – 2020 vertaling

“Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.”

Joshua 1:8 CAB – 2023 vertaling

“8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar jy moet dit dag en nag oordink, dat jy sorgvuldig kan handel volgens alles wat daarin geskrywe is; 9Het ek jou nie beveel nie? …”

Hosea 4: 6 – 2020 vertaling

” My volk kom om weens ʼn gebrek aan kennis – omdat jy die kennis verwerp het, sal ek jou verwerp sodat jy nie meer vir my priesterdiens doen nie, omdat jy die Wet van jou God vergeet het sal ek ook jou seuns vergeet.”

 

Ek sluit af : 

Dis inderdaad opwindend om soveel openbarings van God se Woord te ontvang, en om te leer om al hoe meer in Sy teenwoordigheid te leef. Laat ons ook oop bly vir hedendaagse getuienisse — en hoe mense se lewens drasties verander word.

Jy kan na my uitsendings op Radio Kaapse Kansel luister – elke Woensdag net na 14H30 

Laai gerus die toepassing af om na die radio stasie te luister. https://capepulpit.co.za/

Tot ‘n volgende keer 

SHALOM
AMANDA

PS
Volgende onderwerpe

Die volgende paar weke se boodskappe   – soos die Vader wil- gaan oor

    1. Nog van die persoonlike lering van heilige lewenswandel en ons  optrede as kinders van God.  
    2. Ou Testamentiese profete se lewenswandel en profesieë direk van God af – met die toepassing en aanwending daarvan in ons hedendaagse lewens.
    3. Die studie om die Christelike geloof met goeie redes, verduidelikings en antwoorde te verdedig teen vrae, kritiek of twyfel. (Apologetics)

Hou gerus dop. 

 

SHALOM

AMANDA

 

PS

Lees gerus die volgende en as Heilige Gees jou lei – bestudeer die beginsel van die volgende om sodoende dieper insig te kry oor interpretasies en begrip van die gedeeltes wat jy in die Bybel lees : 

Ek kwoteer ‘n gedeelte wat geskryf is die WIKIPEDIA

” Hermeneutiek
 is die studie om te bepaal hoe die Bybel vertolk of geïnterpreteer moet word.

Hermeneutiek word gedefinieer as die studie van die betekenispunt en die beginsels van interpretasie. Dit is gemoeid met die filosofie en wetenskap van interpretasie. ‘n Christelike kommentator het eenkeer gesê:

Hermeneutiek is ‘n soort onderskeidingsproses, maniere om te ontgin vir God en God se waarheid. Ons ondersoek wat eindeloos en verby ons vermoë is om te begryp, so daar is ‘n paar praktiese gebruik van heuristiese instrumente (soos om idees uit te probeer of duimreëls te gebruik) om dit te kan leef.

Bybelse hermeneutiek handel dus oor die filosofie en wetenskap van die interpretasie van die Bybelse teks deur gebruik te maak van teorieë, metodes, beginsels, eksegese, soos aangedui deur sy etimologie. Dit bevat dus al die gereedskap en tegnieke wat die proses van Bybelse interpretasie vorm.

Shopping Cart
Scroll to Top