DIE KRAG VAN DIE EVANGELIE VIR ELKEEN WAT GLO

DIE KRAG VAN DIE EVANGELIE IS VIR ALMAL

Een besondere oggend, in my stil wees, lees ek weer Romeine 1 vanaf die begin van hierdie hoofstuk: : die 1933 Afrikaanse vertaling:

Paulus lewer deurgaans ʼn betoog dat almal skuldig is, maar wie glo, word vrygespreek – die betoog gaan verder : almal – ook nie-Jode, sowel as Jode, staan skuldig :

Alhoewel Paulus hier met die Romeine praat, praat hy ook direk met elkeen van ons, en ook met almal wat Romeine gelees het en nog gaan lees:

Romeine 1 : 14
Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ‘n skuldenaar.15 Vandaar die verlange van my, Paulus se kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.”

Ons onderlinge verhoudings van vandag wys dan ook wat die krag van die evangelie is – want ons wat glo word vrygespreek – ALMAL wat glo, word vrygespreek – die Woord maak geen verdere onderskeid nie : net dit

• Die wat glo en
• Die wat nie glo nie.

Die regverdigmaking kom dus deur die geloof.
VERS 16
“WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
17Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.”

In GALASIËRS 3:8 beklemtoon Paulus weer: 
“Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.”

Geloof is ‘n gawe van God, maar dit verg ook inspanning en toewyding van ons kant.
Deur hierdie Bybelse beginsels te volg, kan jy groei in jou geloof en jou verhouding met God verdiep.

OPENBARING 7:9 (AFR83)
beklemtoon weer dat ALMAL voor die troon en voor die Lam gaan staan :
“Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.”

 

DIE BYBEL IS DUS BAIE DUIDELIK :ELKEEN WAT DEUR GOD VRYGESPREEK IS OMDAT HY GLO, SAL LEWE.”

Geloof is nie beperk tot ‘n spesifieke groep nie:

Galasiërs 3:28:

“Daar is nie meer Jood of nie-Jood nie, nóg slaaf of vryman, en daar is ook nie man en vrou nie, want julle is almal een in Christus Jesus.”

Wow!

SHALOM

 

Shopping Cart
Scroll to Top