DEEL 4 BYBELSE MENTORSKAP

BYBELSE MENTORSKAP
DEEL 4  

WELKOM,

en

Ons gesels verder oor Paulus en die ander mentors en leerling uit die Woord.

Dankie, Heilige Gees, dat ons vandag weer dieper begrippe uit die Woord kan leer. Maak ons ore, oë en harte oop. Dankie Jesus dat U mens geword het en tussen ons kom woon het. Dankie vir U Woord. Amen.

 

 

Terugblik

· DEEL 1: Ons het gesels oor Jesus Christus – die Volmaakte Mentor.

· DEEL 2: Ons het gesels oor Paulus en Timoteus, en hoe Paulus ’n ware geestelike mentor was.

· DEEL 3: Ons het die kernbeginsels van Paulus se mentorskap bespreek, gebaseer op sy leringe aan Timoteus.

Nou beweeg ons aan na DEEL 4, waar ons verder kyk na dieper beginsels van Bybelse mentorskap wat ons vandag nog kan toepas.

Vandag gaan ons voort met ons reeks oor Bybelse Mentors en Mentorskap.

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

DEEL 4 

Hier volg  kernaspekte van Paulus se mentorskap, wat vir elke gelowige vandag rigting en inspirasie gee.

2 Timoteus 1:6–7 (NLV)

“Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe aan te wakker wat God aan jou gegee het toe ek my hande op jou gesit het. Want God het ons nie ’n gees van vrees gegee nie, maar ’n gees van krag, liefde en selfbeheersing.”

Paulus wys dat roeping nie vanself groei nie – dit moet aangeblaas word. ’n Mentor help om die vuur van God se roeping in iemand aan die brand te hou.

1 Timoteus 6:12 (NLV)

“Veg die goeie stryd van die geloof. Hou vas aan die ewige lewe waartoe God jou geroep het, en wat jy met ’n duidelike belydenis in die teenwoordigheid van baie getuies verklaar het.”

Leierskap en dissipelskap vra deursettingsvermoë. Paulus leer Timoteus dat geloof ’n stryd is – maar ’n waardige stryd.

2 Timoteus 2:15 

“Doen jou bes om jouself aan God te bewys as ’n werker wat nie nodig het om skaam te wees nie, en wat die woord van die waarheid reg hanteer.”

’n Mentor leer ander hoe om die Woord akkuraat, eerlik en toepaslik toe te pas. Dit is die kern van gesonde leer.

1 Timoteus 1:5 

“Die doel van my onderrig is dat daar liefde moet wees wat kom uit ’n rein hart, ’n skoon gewete en ’n opregte geloof.”

Die hart van alle geestelike mentorskap is liefde – nie posisie of gesag nie. Mentorskap vloei uit ’n lewe wat rein, opreg en vol geloof is.

2 Timoteus 4:2 

“Verkondig die woord. Hou aan daarmee, of dit geleë tyd is of nie. Weer­lê verkeerde leer, bestraf verkeerdhede, bemoedig die gelowiges en doen dit alles met groot geduld en deeglike onderrig.”

Paulus leer Timoteus dat ware bediening ’n balans is van waarheid én geduld. ’n Goeie mentor weet wanneer om te bemoedig, wanneer om te korrigeer en wanneer om eenvoudig net die Woord standvastig te verkondig.

Ter afsluiting

Hierdie beginsels vul Paulus se lewenslange mentor-styl aan: ’n lewe van vuur, volharding, waarheid, liefde en geduld. Dit is die fondament waarop ons ook ander kan leer, lei en versterk, onder leiding van die Heilige Gees.

Ek vertrou dat jy geïnspireer is om by hernuwing die Bybel met ywer en oortuiging te bestudeer nie net vir die kennis alleen nie, maar vir die BEDOELING daarvan , en dit toe te pas op jou eie lewe.

Radio Kaapse Kansel

Jy kan elke Woensdag 13h30 na my uitsendings luister op Radio Kaapse Kansel – maak seker jy het die Toep (APP) : kry dit in jou slimfoon se PLAYSTORE – SOEK VIR CAPEPULPIT en laai af !!

Mag jou dag en week geseend wees,

Ek is Amanda Pool.

Shalom.

Shopping Cart
Scroll to Top