DEEL 3 MET JOU HELE VERSTAND

MET ONS HELE VERSTAN D REEKS

 

DEEL 3

MET JOU HELE VERSTAND.

Dankie dat jy hierdie blad besoek, en saam lees –

Jy kan elke Woensdag net na 13h30, na my praatjies op Radio Kaapse Kansel luister. Hierdie artikel word vir die eerste keer op 28 Jan 2026 uitgesaai.

Kom ons bid net eers saam:

Dankie, Heilige Gees, dat U ons ore, oë en harte oopmaak vir dit wat ons vandag gaan leer. Dankie vir U Woord. Amen.

Ek bevestig graag dat die inhoud van hierdie reeks gebaseer op God se Woord en op Sy opdrag om dit te bestudeer en daarvolgens te leef – nie net om dit te lees nie. Dan sal ons ook met ander daaroor kan gesels.

Petrus sê ook:

“Wees altyd gereed om elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle leef, te antwoord – maar doen dit met sagmoedigheid en respek.”
— 1 Petrus 3:15

“Elkeen wat verduideliking eis” in hierdie vers, is letterlik enige iemand, en nie net mede-Christene nie.

-wanneer daardie persoon glad nie die Bybel ken, en sommige selfs nog nooit van Jesus gehoor het nie, dan raak dit effens moeiliker.

Soos wat die Joodse leiers dikwels probeer het om Jesus intellektueel vas te trek, kan dit met ons ook gebeur.

Ons lees weer : Matt 22:36-38

’n Joodse wetgeleerde, het Hom met ’n vraag probeer vastrek.
“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”
Jesus antwoord hom:
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod.”

Paulus skryf ook hieroor in Romeine:

Romeine 12:2 (1983-vertaling)
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.

Ons het reeds gesels oor die feit dat ons ‘n keuse geneem het om Jesus aan te neem, nie omdat ons verplig was nie, of omdat ons ouers dit verwag het nie.

VANDAG SE VRAAG:

Hoe verduidelik ons aan ‘n non-Christen wat ook ‘n verduideliking oor die Hoop wat in ons leef, soek? Natuurlik is ons antwoord dat ons Jesus Christus aangeneem het en Hom aanvaar het as my Verlosser. Hy is die Hoop wat in my leef. 

NIE-CHRISTEN

As mense  nie weet van, en ook nie die Bybel ken nie, sommige mag nog nooit van Jesus gehoor het nie:  Hoe verduidelik ek dan?

 Ek sal by so ‘n situasie steeds my getuienis gee oor hoe my eie sekulêre lewe was voor ek Jesus ontmoet en aangeneem het, en hoe my  lewe en my denke verander het, en gegroei het met die wil om 100% te leef onder die leiding van Heilige Gees: met my hart, siel en VERSTAND:

Een van twee aspekte kan nou ter sprake wees: 

    1. Heilige Gees kon reeds die ander persoon ontvanklik gemaak het vir my getuienis en daarom wil die persoon verder hoor, dan kan die gesprek sy natuurlike gang gaan. 
    2. Indien nie, verstaan die persoon moontlik geensins hierdie konsep (my getuienis) nie. Hy mag selfs ‘n totale ander wereldbeskouing hê. Hy gaan nou vrae hê,  vergelykings en interpretasie voorlê,  ensovoorts.

Ons het dus nie net nodig nie, maar dis ook noodsaaklik dat ons eers self die Skrif dieper moet verstaan, en met ons intellek daaroor kan redenaar en gesels. 

Wanneer ons onder die leiding van Heilige Gees leef, sal ons meer wil weet om altyd gereed te wees wanneer Hy ons wil gebruik, en vir wanneer ons dan in so ‘n situasie sou beland. God belowe sy teenwoordigheid en krag in enige situasie. Heilige Gees bly ons Helper!

Jesaja 41:10

“Moenie vrees nie, want Ek is met jou; moenie angstig rondkyk nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my regverdige regterhand.” 

_____________________________________________________________________________________________________________________________

 

Ek onderneem om met die volgende paar gesprekke te fokus op dieper begrippe oor ons Christenskap, die Bybel ens., ja, meer oor dit wat nie altyd direk in die Woord staan nie. Sodoende kan ons dan ook gesprekke met gesag en wysheid en met ons intellek hanteer.

Kyk net wat is die betekenis van die woord VERSTAND in  Grieks:

Die Griekse woord vir verstand is dianoia, wat verwys na kritiese denke, deeglike redenering en dieper en volledige bepeinsing. 

Ons gaan fokus om te groei in hierdie aspekte : 

    • Om dinge logies teen mekaar op te weeg
    • ’n Ingesteldheid om waarheid te ondersoek
    • Om met begrip en insig te kan redeneer
    • Om “elke gedagte gevange te neem” om aan Christus gehoorsaam te wees.

Dit behels die aktiewe verwerping van valshede, negatiwiteit of wêreldse prioriteite, soos in die volgende gedeeltes:

Filippense 4:8

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is, watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees, daarop moet julle julle gedagtes rig.”

Volgens Romeine 12:2 moet ons manier van dink heeltyd vernuwe word, sodat ons nie saam met die stroom van die wêreld swem nie, maar kan weet wat God regtig van ons vra.

Romeine 12 :2

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Ons is nou aan die einde van vandag se aflewering.

_________________________________________________________________________________________________________________

VOLGENDE TEMAS:

A.

Hoe weet ek dat die Bybel die waarheid is, en dat dit korrek  en betroubaar oorgeskryf is oor die eeue  heen. Wat is die historiese bewyse dat dit korrek is,  soos dit eeue gelede werklik plaasgevind  het;

B.

Wat is die ander wereldbeskouings. 

 

 

Hoe meer ons die Bybel intensioneel bestudeer,  hoe meer openbarings wag op ons – Heilige Gees openbaar so dikwels aspekte wat ons lewe so kan verryk met meer wysheid en insig, om dit dan weer met ander te deel.

ELKE WOENSDAG :

Ek gesels elke Woensdag op Radio Kaapse Kansel vanaf 13:30.
Skakel gerus in met die APP op jou selfoon, of op jou gewone radio op RADIO AM 729.

Stuur gerus jou kommentaar direk aan my – jy kan dit via hierdie webblad doen of jou kommentaar per WhatsApp na my  persoonlik stuur: 0829265062

Ek sien baie uit daarna om volgende week weer met julle te gesels.

Mag jou dag en week geseend wees,    

Ek is Amanda Pool.   Shalom.

Shopping Cart
Scroll to Top