DEEL 8
MET JOU HELE VERSTAND
Dankie dat jy weer inloer. Dit is vir my ’n voorreg om hierdie gesprek met jou hê.
Kom ons bid net eers saam:
Dankie, Here, dat U ons verstand ook aan U behoort. Dankie dat ons mag dink, ondersoek en vra. Lei ons deur U Gees in waarheid. Amen.
Ons reeks oor MET JOU HELE VERSTAND is nou op ‘n einde – deel 8 is die laaste een
In die afgelope weke het ons ontdek wat dit beteken om God met ons hele hart, ons hele siel MAAR VERAL met ons hele verstand lief te hê.
Ons het dieper gesels oor die historiese realiteit van Jesus se dood.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand
Ons is oortuig dat Jesus Christus die Seun van God is; ons is oortuig en ons glo dat Hy aan die kruis gesterf het en weer opgestaan het en dat Hy opgevaar het na die Vader. Hy leef, en daarom het ons ’n verhouding met Hom. Jesus is ons Verlosser, ons Saligmaker en ons Redder. En Hy het ons Helper gestuur, Heilige Gees is met ons en lei ons in alles wat ons doen om Jesus Christus te verheerlik.
Die Bybel is die waarheid en is die Woord van God en ons glo dat dit vir ons geskryf is;
Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie,
want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.
Die Woord is deur Heilige Gees geïnspireerd – soos ons lees in 2 Tim 3:16 – waar Paulus sê:
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.”
Dit is die enigste gebruik in die Bybel van die Griekse woord “theopneustos,” wat beteken: “God-geïnspireerd, geïnspireer deur God, as gevolg van die inspirasie van God,” maar ander skriftuurlike gedeeltes steun die basiese uitgangspunt dat die Skrif deur God geïnspireer is.
Joh 1:12
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Die boodskap is duidelik uit die Woord: OMDAT ons Jesus volg is daar nog boodskappe :
1 Petrus 3:15 (1983)
“Wees altyd gereed om elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle leef, te antwoord – maar doen dit met sagmoedigheid en respek.”
Hier sien ons die direkte opdrag aan gelowiges: ons moet gereed wees om te verduidelik waarom ons glo.
Matteus 5:16 (1983)
“So moet julle lig voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Hier sien ons dat ons lewe en optrede so moet wees dat mense dit raaksien en vra oor God.
Romeine 10:14 (1983)
“Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep in wie hy nie glo nie? En hoe kan ’n mens in Hom glo van wie hy nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat preek?”
Paulus wys hier dat die evangelie deur mense verduidelik moet word sodat ander kan glo.
2 Korintiërs 5:20 (1983)
“Ons tree dan op as gesante van Christus, en dit is asof God deur ons ’n beroep doen. Ons smeek julle namens Christus: Laat julle met God versoen.”
Gelowiges verteenwoordig Christus en dra Sy boodskap aan ander oor.
Handelinge 1:8 (1983)
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Jesus self gee hier die opdrag dat Sy volgelinge getuies moet wees.
Lukas 12:11–12 (1983)
“Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesaghebbers bring, moet julle nie bekommerd wees oor hoe of wat julle moet antwoord of wat julle moet sê nie, want Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat julle moet sê.”
Hier sien ons dat God self help wanneer gelowiges moet antwoord en verduidelik.
Ons moet genoeg stiltetyd hê om God se stem gereeld te hoor.
Christelike geloof vra nie vir beskerming teen vrae nie, ons berei ons bloot voor op vrae. Ons word nie geroep om blind te glo nie.
Ons word geroep om met ons hele verstand lief te hê.
En wanneer ons eerlik kyk na die getuienis, kan ons nie anders as om te erken dat hierdie waarheid nie net geestelik ervaar word nie –
maar ook histories en logies staande bly.
Afsluiting
Hiermee sluit ek af.
- Volgende keer begin ‘n nuwe reeks – ek sien uit daarna om saam met julle dieper te leer: Die Mens in Genesis en daarna…
Ek gesels elke week op ‘n Woensdag op Radio Kaapse Kansel ( daar is ook heruitsending op ander dae)
Skakel gerus in met die APP van Cape Pulpit op jou selfoon, of op jou gewone radio op AM 729.
Stuur gerus jou kommentaar direk aan my. Jy kan dit via hierdie webblad doen of jou kommentaar persoonlik per WhatsApp aan my stuur: 082 926 5062.
Ek sien baie uit daarna om volgende week weer met julle te gesels.
Mag jou dag en week geseënd wees.
