PRAKTIESE INSIGTE UIT DIE WOORD 1

DEEL 1 – OM GOD SE STEM TE HOOR

Ek het in die laaste paar jaar die voorreg gehad om ʼn meer formeler student van die Bybel te kon wees, en sedert ek die heel eerste studie module gedoen het, is ek soos ons in Engels sê “ absolutely hooked” – ek glo eenmaal ʼn student van die Woord, altyd ʼn student.

2 Timoteus 3 vers 16 -17 :

“Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, 17 sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.”

VANDAG begin ek met ʼn baie verkorte weergawe van ʼn lering waaroor daar al baie baie geskryf is : hoe om God se stem te hoor/ervaar.  ʼn Baie belangrike onderwerp en ʼn noodsaaklikheid vir geestelike groei .

Die lering oor God se stem en die neerskryf van Sy boodskap, is versprei oor die volgende 4 weke :

INLEIDING EN AGTERGROND

Ek het redelik dikwels voor my formeler studies , wel Heilige Gees in my gedagtes gehoor/ervaar deur lirieke van liedjies, verse in die Bybel, sommer net iets wat ek ewekansig (“randomly”) gelees het in ʼn tydskrif/boek/ kennisgewing bord self per geleentheid op ʼn advertensie plakker. Die ervaring tydens my studie program, het my egter gehelp om God se stem baie baie duideliker te hoor.

Ek bedank net weer ons Pappa Vader dat Hy Dr Mark Virkler se studies oor my pad gestuur het vir hierdie wonderlike ervaring en kennis en toepassing daarvan. Mark gee dan ook toestemming om hierdie spesifieke onderwerp te gebruik vir elkeen wat wil leer oor die hoor van God se stem : ek gee graag die erkenning daarvoor.

VEILIGHEIDSMEGANISMES

Om te verseker dat ons God se stem kan hoor, is hierdie volgende ʼn veiligheidsmeganisme  daarvoor.

1. Kontroleer gerus of al 5 in jou lewe teenwoordig is:

      • Jy is ʼn wedergebore Christen
      • Jy aanvaar die Bybel as die enigste waarheid
      • Jy demonstreer jou liefde en respek for God deur jou toewyding om Sy Woord te ken
      • Jy het ʼn ingesteldheid van onderdanigheid aan wat God in Sy Woord leer
      • Jy het geestelike mentors/raadgewers na wie jy kan gaan vir insette op ʼn gereelde basis.

2. Tweedens: Skryf die vraag neer waarop jy by God antwoord soek       Here, wat wil U vir my sê oor …………..?

HABAKUK 2 : 1-2

Die hele reeks is baseer op Habakkuk 2 : 1-2 en ek haal graag aan uit die Kontemporêre Afrikaanse Bybel van 2023:

Die opskrif van hierdie gedeelte in hierdie vertaling is: Die HERE reageer en gee ‘n antwoord:

1. Ek sal op my wag staan en my op die toring sit en ek sal waak om te sien wat hy vir my sal sê en wat ek sal antwoord as ek teregwys word.2 En die HERE het my geantwoord en gesê: Skryf die gesig op en maak dit duidelik op tafels, dat hy kan hardloop wat dit lees.

Daar is 4 sleutels  opgesluit in hierdie 2 verse. In die volgende 4 weke  hanteer ons elkeen afsonderlik.

1# Wees stil

2# Fokus op Jesus 

 3# stel jou vraag : ervaar die onmiddellike spontane gedagtes 

4# en  skryf daardie gedagtes neer

Vandag begin ons oor die eerste sleutel gesels :

SLEUTEL 1#

Habakuk het gesê: “Ek sal op my wag staan…” (Hab. 2:1a) en stil wees 

Die eerste sleutel om God se stem te hoor, is om wag te staan op ‘n stil plek – en ons eie gedagtes en emosies te stil te maak

PSALM 46:10

10 Wees stil en weet dat Ek God is: Ek wil hoog wees onder die heidene, verhoog word op die aarde.11 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ons toevlug.

In Psalm 37:7  word ons geroep om “stil te wees voor die Here en geduldig op Hom te wag”. Daar is ‘n diep innerlike wete in ons gees wat elkeen van ons kan ervaar wanneer ons ons vlees en ons verstand stil maak. Die beoefening van die kuns van Bybelse meditasie help om die uiterlike geraas en afleidings wat om ons aandag vra, stil te maak.

Wat is die manier wat jy reeds gebruik om stil te raak om in God se teenwoordigheid te kom?

– As jy nog nie het nie : dit is ʼn plek waar jy gereeld tyd spandeer in God se teenwoordigheid, jou stiltetyd, waar alle geraas en steurnisse uitgesluit is en waar jy kan rustigheid en vrede hê (sit selfs jou selfoon af).

– ek kom die vinnigste en maklikste in die Here se teenwoordigheid wanneer ek my verbeelding gebruik om te visualiseer dat Hy hier by my is, somtyds luister ek na rustige en sagte  musiek – en ek bly in stilte sit en ek wag…

– Hierdie 4 stappe is geensins afsonderlik van mekaar nie – dit vorm ʼn eenheid = die 4 stappe volg opmekaar en inmekaar en in interafhanklik van mekaar.

– Dit is noodsaaklik om deur al die 4 stappe te kan gaan – maak ook seker jy het genoeg alleen tyd – jy sal leer soos jy aangaan – maar ek sou sê nie minder as een uur nie….

Oefen om gereeld stil te wees in jou bestaande/nuwe stil plekkie (indien jy dit nie reeds doen nie, en visualiseer Jesus sit daar by jou).

Ek vertrou  jy is opgewonde om meer te hoor en te leer.

Volgende keer gesels ons oor die 2de sleutel.

SHALOM

Amanda Pool

Einde van DEEL 1

Shopping Cart
Scroll to Top